Onverpersoonlikingstrategieë in Afrikaans

Breed, Adri and Van Olmen, Daniel and Chan, Jo-Ann (2021) Onverpersoonlikingstrategieë in Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 61 (4-1). ISSN 0041-4751

[thumbnail of Onverpersoonlikingstrategiee in Afrikaans]
Text (Onverpersoonlikingstrategiee in Afrikaans)
Onverpersoonlikingstrategiee_in_Afrikaans.pdf - Accepted Version
Available under License Creative Commons Attribution.

Download (1MB)

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die verskillende strategieë wat Afrikaanse sprekers gebruik om aan te dui dat ’n konstruksie onpersoonlik is. Onpersoonlike konstruksies is konstruksies waar die (soms implisiete) subjek geparafraseer kan word as “mense in die algemeen”, “ ’n onbekende persoon” of “sommige mense”. Hierdie onderwerp het al baie aandag in die taalkundeliteratuur gekry, maar die fokus was meestal op ’n beperkte aantal onverpersoonlikingstrategieë, soos die gebruik van persoonlike voornaamwoorde (bv. Jy leef net een keer), onbepaalde voornaamwoorde (byvoorbeeld Iemand het my beursie gesteel!) en passiewe konstruksies (byvoorbeeld My kar is gesteel). Volgens ons kan dié nou fokus in die literatuur toegeskryf word aan die feit dat die navorsingsmetodes (byvoorbeeld korpusstudies en vraelyste) wat tot op hede gebruik is om onverpersoonlikingstrategieë te ondersoek, navorsers slegs in staat stel om op deduktiewe wyse na die strategieë te kyk. Tot op hede is daar nog nie ’n studie uitgevoer om te bepaal i) watter verskillende moontlike onverpersoonlikingstrategieë deur Afrikaanse sprekers aangewend kan word nie, en ii) of daar bepaalde voorkeure vir sprekers bestaan oor watter strategieë om te gebruik in die verskillende en onderskeibare onpersoonlike kontekste. Hierdie ondersoek beantwoord hierdie twee vrae deur die resultate van ’n visuele vraelys – wat aan ongeveer 450 Afrikaanssprekende respondente gegee is om te beantwoord – te bestudeer.

Item Type:
Journal Article
Journal or Publication Title:
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
Additional Information:
Copyright © 2021, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns:All rights reserved
Uncontrolled Keywords:
/dk/atira/pure/subjectarea/asjc/3300
Subjects:
?? memslike onpersoonlike voornaamwoordeksistensieelimpersonalisation strategyagenslose passiefuniverseelimpersonalisationonverpersoonlikingstrategieexistentialonpersoonlikonverpersoonlikingsocial sciences(all)arts and humanities(all) ??
ID Code:
159647
Deposited By:
Deposited On:
16 Sep 2021 13:10
Refereed?:
Yes
Published?:
Published
Last Modified:
26 Feb 2024 00:44